Liewe Vriend/Vriendin
Ons vertrou dat jy jou week sover geniet en ons bid dat hierdie nuwe maand van Junie vir jou baie seën in jou lewe sal bring.
NOTAS:
Die nuutste notas, MAAK ‘N VERSKIL, word hieronder aangeheg. Elkeen van ons het die geleentheid en die verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak. Kom ons wees soos sout en lig en maak ‘n verskil in die kringe waar ons mense kan beïnvloed.
ALIVE Tydskrif:
Die nuutste (Junie) ALIVE Mag is gereed! http://www.alivetogod.com/magazine.aspx (kies dit, gee ‘n paar sekondes kans en geniet dit)
Ons vertrou dat dit jou sal aanmoedig as U dit lees. Dit fokus op die tema van MAAK ‘N VERSKIL.
VADERSDAG:
Hierdie maand vier ons Vaders. Moenie vergeet om die vaders in jou lewe en familie te bederf nie. Ons vier vaders as ‘n geskenk van God.
Hierdie bediening hou aan om te groei in onverklaarbare wyses en ons voel so nederig deur alles wat ons Hemelse Vader besig is om te doen! Vir diegene wat so vriendelik was om saad in die bediening te saai wil ons uit die dieptes van ons harte dankie sê. Ons bid dat die Here jou saad sal vermenigvuldig en dit terug sal gee in ‘n goeie maat, saam gepers, saam geskud en tot oorlopens vol! God is ons Getroue Voorsiener!
Mag jy ‘n wonderlike Junie beleef. Dit is ons gebed dat jy sal weet dat dit nie saak maak wat jy moet trotseer nie Hy sal met jou wees deur dit alles.
Vriendelikie groete,
Andrew en Vanessa Roebert
ALIVE TO GOD!
Van ons intekenaars het gevra vir ons bankbesonderhede. Ons sluit dit hieronder in vir diegene wat graag hierdie bediening wil ondersteun:
BANKBESONDERHEDE:
Rekening Naam: ALIVE TO GOD
Bank: STANDARDBANK
Tak: MENLYN
Tak Kode: 012345
Rekening Nommer: 411338196
Swift Adres: SBZAZAJJ (vir Internasionale Bankdoeleindes)
MAAK `n VERSKIL
Ek en jy het die wonderlike voorreg om ‘n verskil te maak in die wêreld waarin ons leef. Jy kan ‘n verskil maak! ‘n Lewe is eers effektief wanneer dit ‘n ander persoon se lewe aanraak. In die Nuwe Testament lees ons die verhaal van ‘n jongman met die naam van Timótheús. Hy was die geestelike seun van Paulus en het later die Biskop van Éfese geword..
Daar was twee vrouens wat ‘n rol in hierdie jongman se lewe gespeel het. Dit was sy moeder, Eunice en sy ouma Loïs.Ons weet nie veel van hierdie dames nie, maar ons weet dat hulle ‘n baie belangrike rol gespeel het. Ons weet dat hulle Jodse gelowiges was.
Ons weet nie veel van Timótheús se vader nie behalwe dat hy ‘n Griek en ‘n heiden was. Maar sy moeder, Eunice, het ‘n groot invloed op sy opvoeding as ‘n Christen gehad. Albei die dames het ‘n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel en as gevolg daarvan is hy deur God vir Sy doel gebruik. Hierdie verhaal is ‘n voorbeeld vir ons van hoe ons die lewens van ander kan raak en ‘n verskil kan maak. Hierdie twee dames was doodgewone mense, maar hulle invloed was iets wat ons vandag nog vier.
2 Timótheús 1:5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Eunice, en wat – daarvan is ek oortuig- ook in jou is.
2 Timótheús 3:14-17 Maar bly in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
1. JY KAN ‘N EWIGE VERSKIL IN DIE LEWENS VAN ANDER MAAK!
Jy kan ‘n invloed op die lewens van die mense om jou hê. Om die waarheid te sê dit is deel van jou roeping en noodlot as ‘n Christen dat jy soos sout en lig sal wees.
• Sout gee smaak
Matthéüs 5:13 Julle is die sout van die aarde,
Matthéüs 5:13 maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?
• Lig bring hoop
Matthéüs 5:14 Julle is die lig van die wêreld.
Matthéüs 5:14-16 Julle is die lig van die wêreld, ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat hulle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Daar is soveel maniere hoe ons ander mense se lewens kan beïnvloed. Hierdie invloed kan ewige gevolge hê. Ons kan ‘n invloed op mense se lewens hê deur wat ons sê en doen en hoe ons ons lewens lei, sodat hulle ook sal kies om God te volg. Jy het ‘n unieke geleentheid om dit te doen..
Daar word gesê dat die gemiddelde persoon 10,000 mense in hulle leeftyd kan beïnvloed. As sulks is jou lewe kragtig en die vraag is watse invloed het jy? Net omdat jy hier is het jy die potensiaal om ‘n verskil te maak. Gebruik hierdie potensiaal om ‘n ewige verskil in die lewens van ander mense te maak en veral in die lewens van die mense om jou.
2. GEE DIE GELOOF AAN
2 Timothéüs 1:5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Eunice, en wat – daarvan is ek oortuig- ook in jou is.
Neem kennis dat hierdie ‘n lewende geloof was wat eers in die ouma Loïs gelewe het. Maar dit het nie daar opgehou nie. Die ouma het dit suksesvol vir haar dogter aangegee en hulle het dit suksesvol aan die kind Timóthéüs aangegee. Dit het Timóthéüs anders gemaak sodat die Apostel Paulus agter gekom het dat dieselfde geloof in Timóthéüs leef. Wat ‘n eervolle vermelding! Eunice, Timóthéüs se Joodse Christen moeder en sy ouma Loïs moes noemenswaardige onderwysers van die Christen geloof en geskrifte gewees het. As Joodse vrouens sou Eunice en haar moeder die Ou Testamentiese Skrifte geken het en dit aan Timóthéüs oorgelwer het. Hulle moes dieselfde met hulle Christen geloof gedoen het. Die invloed en die geestelike onderrig van sy ouma Loïs en sy moeder Eunice op Timóthéüs was van so ‘n aard dat Paulus kon sien en waardeer dat die twee vrouens ware modelle was vir die geloof van Timóthéüs.Kan mense, jou kinders, na jou wys as ‘n model van geloof?
3. LEI ‘N LEWE VAN WARE GELOOF EN ONTWIKKEL DIT IN DIE MENSE OM JOU.
Streef daarna om ‘n diepe, werklike en betekenisvolle geloof in jou gesin te ontwikkel.
2 TimothéüS 1:5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, …..
Die klem hier in die oorspronklike Grieks is dat hulle geloof waar en ongeveinsd was. Dit beskryf opregte gedrag wat vry is van ander verkuilde motiewe. Ek sal wag om te sê dat albei die moeder en die ouma het ware en voortdurende geloof getoon. Hierdie dames was eg. Ek sal ook wag om te sê dat die wyse waarop hulle gelewe het dieselfde tuis en in die openbaar was. Hulle was konstant dieselfde sonder geveinsdheid! Ons moet ons lewens ook so leef. Paulus vertel ons dat hierdie dames gelowiges was. Dit is hoe mense wat in Jesus Christus geglo het, beskryf is.
Handelinge 16:1 En hy het in Derbe en Listre aangekom;en daar was ‘n dissipel met die naam van Timóthéüs, seun van ‘n gelowige Joodse vrou, maar van ‘n Griekse vader.
As ons die lewens van ander gaan raak moet ons weet in wie ons glo. Daar moet geen arseling of twyfel wees nie. Hulle geloof was eg en kon nie wankel nie omdat hulle in Jesus geglo het. Selfs in moeilike situasies en tenspyte van opposisie het hulle geloof eg gebly. ‘n Egte blywende geloof is aansteeklik. Bly aan die brand vir God en die warmte sal selfs die koudste omgewing verander.
4. BEGIN VROEG
2 TimothéüS 3:14-15 Maar bly in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
Uit hierdie skrif kan ons sien dat die invloed van hierdie twee dames reeds op ‘n baie vroeë ouderdom begin het. Dit praat van die feit dat hy as ‘n kleuter die skrifte geken het. Miskien het hulle dit al tydens die swangerskap in hom ingeboesem het. Soms dink ons, ons moet wag vir die regte tyd om mense te beïnvloed of wag vir die perfekte oomblik. Moenie ‘n oomblik vermors nie, begin vroeg en beïnvloed ander. Die waarheid is dat ander uit ons lewens begin leer die oomblik wat ons met hulle kontak maak. Wanneer dit gaan oor ‘n verskil maak in die lewens van ander moet jy nooit uitstel nie of wag vir ‘n meer gepaste seisoen nie. Nou is die gepaste tyd!
Paulus herinner Timóthéüs hoekom hy vertroue in die invloed wat hy ontvang het kan hê: omdat hy weet van wie hy dit geleer het. Hierdie vrouens se lewens was genoeg rede om die boodskap wat hulle aan hom geleer het te kan glo. As ons lewens getuig van ons geloof sal ander ook daarin vertoue kan hê.
5. HOU VAS AAN GOD SE WOORD
Uiteindlik gee Paulus vir Timóthéüs goeie advies.Hy moedig hom aan om vas te hou aan dit wat hy geleer is en aan dit wat hy uit God se woorde geleer het. Die Woord van God het voordeel vir almal, dwarsdeur die lewe.
Timothy 3:14-17 Maar bly in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Hy herinner hom aangaande die Heilige Skrifte en gaan dan voort om hom daaraan te herinner dat al die Skrifte deur God gegee is. Hy was besig om hom te herinner dat God se woord betroubaar is en dat ons altyd daarop kan staatmaak. Moet nooit met jou mond sê dat; ‘dit werk nie vir my nie’! Jy moet liewer dat die mense om jou sien dat jy volkome op God vertrou selfs vir die dinge wat op die oomblik nie so ideaal lyk nie.
As gevolg van hierdie twee dames se invloed op hierdie jongman se lewe, was sy lewe iets wat mense raakgesien het en kon hy dus met outoriteit met hulle praat en kon hy ander beïnvloed. Dit het deure oopgemaak sodat hy invloed sou hê.
Handelinge 16:1-2 En hy het in Derbe en Listre aangekom;en daar was ‘n dissipel met die naam van Timóthéüs, seun van ‘n gelowige Joodse vrou, maar van ‘n Griekse vader. Hy het goeie getuienis gehad van die broeders van Listre en Ikónium.
“‘n Lewe is nie betekenisvol nie behalwe in die impak wat dit op ander se lewens het.” – Jackie Robinson
Ons moet kies om die soort lewe te lei wat ‘n impak op ander se lewens sal hê. Soek iemand vir wie jy ‘n mentor kan wees. Wees ‘n persoon met impak. Gaan uit jou pad om aan te bied om betrokke te raak en verantwoordelik te wees om ander te help. Leer ander en wees ‘n egte rolmodel. Onhou dat jou lewe ‘n boek is en dat ander besig is om dit te lees. Maak jou lewe tel deur ‘n verskil te maak.
